OUDTSHOORN NUUS - Die Creative Art Dancing School in Beaufort Wes het sy 21ste verjaardag op luisterryke wyse met hul 16de jaareindproduksie in die saal van die Hoërskool Bastiaanse gevier.
Tydens die geleentheid is ook bekendgemaak dat die naam voortaan Ablace Prophetic Ministry sal heet.
Volgens die stigter van die dansskool, Liesle Wicomb Prince, het die tyd vir verandering aangebreek.
"Ons verkondig die blye boodskap deur middel van dans nou al 21 jaar lank, maar tydens die Covid19-pandemie moes produksies gestaak word."
Creative Art dansskool was die eerste dansskool wat in Beaufort Wes op die been gebring is. Volgens Prince is sy baie trots op die suksesse van die skool oor die jare.
"Vandag is daar talle dansskole in Beaufort Wes van wie die meeste leiers produkte van Creative is."
Die dansgroepe wat tydens die 16de jaareindproduksie opgetree het, was Anointed Prophetic Ministry, AFM Christian Dancers, The Love Church
Dancers, New Fountain Dance Ministry, Landy Dassie en House of Joseph’s Dancers.
Die Creative Art School het ook al in Oudtshoorn, George en Heidelberg opgetree.
Prince kan vir optredes by 062 946 4018 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’