Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Eden-distriksraad se burgemeester, Memory Booysen, het vanoggend, 29 Augustus, se Golden Games-atlete in Oudtshoorn met ‘n danssessie op die tartanbaan van die De Jagersportkompleks, laat litte losmaak.
Kort voor die sewe Eden-munisipale distrikte se senior atlete om die baan gestap het, om die spele te begin, het Booysen op die baan gestap en al dansend die senior burgers se voete losgemaak.
Booysen het die deelnemers, organiseerders en beamptes aangemoedig om saam te dans en so die spiere te rek en litte los te maak vir die spele.
Kyk 'n video van die burgemeester hieronder.
Lees 'n vorige artikel: Golden Games vandag in Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'