OUDTSHOORN NUUS - Die goeie reënval van voorverlede week het ‘n noemenswaardige verskil in Oudtshoorn se damvlak gemaak.
Die Oudtshoorn munisipaliteit het pas laat weet dat die Raubenheimerdam wat drie weke gelede slegs op 39% gestaan het, nou op 52.98% is.
As die Melvilledam wat 100% vol is, se inhoud bygereken word is die totale damvlak tans 57.98%.
Die munisipaliteit waarsku egter dat dit nog lank nie die einde van die droogte beteken nie en dat streng waterbeperkings steeds geld.
Reënpatrone van ten minste die volgende twee jaar sal gemonitor word om te bepaal of waterbeperkings daarna opgehef sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'