Update
OUDTSHOORN NUUS - Die man van Oudtshoorn wat sedert Dinsdag in die George Mediclinic se hoësorgeenheid met Covid-19 lê, se toestand het verbeter.
Sy vrou het vanoggend in 'n stemboodskap gesê hy is vanoggend van die ventilator afgehaal en mediese personeel het hom laat regop sit om te kyk hoe sy longe reageer.
Hy is steeds baie swak.
Sy dogter het gister gesê hulle is versigtig optimisties aangesien die virus onvoorspelbaar is.
Intussen het sy bevestig dat n klag gister by die SAPD gelê is nadat mense Vrydagaand op Facebook plasings gemaak en gedeel het, dat haar pa glo in die hospitaal oorlede is.
Lesers word weereens daarop gewys dat mense wat fopnuus ten opsigte van Covid-19 versprei of op sosiale media of per Whatsapp deel, strafregtelik vervolg kan word.
Verwante artikels:
- Nuutste oor Oudtshoorn Covid-pasiënte
- Dr Vermeulen toets negatief vir Covid-19
- Tweede Oudtshoorn Covid-19 geval
- Eerste Oudtshoorn Covid-19 pasiënt vertel
- Dokter in self-isolasie
- Oudtshoorn het eerste Covid-19-geval
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'