OUDTSHOORN NUUS - "Dit gaan op die oomblik maar broekskeur. Maar nou ja, 'n inkomste is 'n inkomste, so 'n ou kan ook nie ondankbaar wil wees nie."
Dit was die reaksie van een van die taxibestuurders by die Oudtshoorn-taxistaanplek op 'n vraag van die Oudtshoorn Courant oor hoe dié bedryf kop bo water hou met die nuwe maatreëls wat bepaal dat daar slegs 10 persone in 'n taxi mag wees wat 15 passasiers kan vervoer.
Die taxibestuurder, wat anoniem wil bly, het verder bygevoeg dat hy sedert dié aankondiging persoonlik weggedoen het met sy "guard" om geld te bespaar.
Tradisioneel sit die guard voor in die taxi om passasiers se geld te ontvang. Tans kos 'n rit na De Rust R25 en R20 na Dysselsdorp.
"As dit nie vir die skerp daling in die brandstofprys die afgelope tyd was nie, sou dit nie die moeite werd gewees het om ons taxis in die oggende te start nie. En nee, daar is geen manier dat die ouens kanse vat en die taxi propvol maak nie. omdat die verkeersbeamptes in elk geval elke rit by die taxistaanplek sowel as ons roetes klokslag kontroleer."
Hy sê om met 'n stewige boete gestraf te word sal 'n gevoelige slag vir enige taxieienaar wees. "Aan die ander kant besef ons dat die gemeenskap se veiligheid ons eerste prioriteit is deur seker te maak dat almal met die intrapslag gemasker is en ontsmet word," het hy gesê.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'