OUDTSHOORN NUUS - Coronation Memorial-versorgingsoord vir bejaardes het verlede Donderdag, 13 Oktober, vir die eerste maal in jare 'n algemene jaarvergadering (AJV) gehou.
Die vergadering het hoofsaaklik oor die verkiesing van aanvullende bestuurslede gehandel.
Die lede wat aangestel is sal in die oorgangsproses van 'n niewinsgewende maatskappy (NWM) na 'n niewinsgewende organisasie (NWO) dien.
Hierdie verandering dien as voor vereiste om toegang tot staatsfinansiering (subsidies) te ontvang en groter gemeenskaps inspraak en betrokkenheid te ontvang.
Mev. Deloris Wewers, mentor van die versorgingsoord, is sedert Februarie aangestel om strukture en sisteme vir die verbetering van die versorgingsoord, in plek te bring.
Met die lees van haar verslag, het sy genoem dat die gebou waarin die bejaardes tans gehuisves word aan die versorgingsoord behoort en dat fondsinsamelingsprojekte gehou sal moet word om die instandhouding van die gebou te verseker.
"Ons sal die gemeenskap betrokke moet kry, ons het hard gewerk om sisteme en stelsels in plek te kry en alles is nou reg, ons kan net vorentoe beweeg."
Sr. Vanessa Jafta, bestuurder van die versorgingsoord het haar bestuursverslag voorgelees en Ferdinand Hector, voorsitter van die versorgingsoord, het die finansiële verslag voorgelees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'