BEAUFORT-WES NUUSFLITS - Die ANC is weer in beheer van Beaufort-Wes en Truman Prince is die nuwe onderburgemeester.
Hierdie wending het op Sondag 18 plaasgevind toe die Karoo Democratic Front (KDF) hulle koalisie met die DA verbreek het en hulle gewig agter die ANC ingegooi het.
Noël Constable, wat die enkele KDF setel op die raad beman is met die burgemeesterspos beloon vir sy moeite.
Die DA en ANC het na die Augustus 2016 munisipale verkiesings elk ses setels in die raad gewen.
Die KDF het die dertiende en bepalende setel gehad en besluit om met die DA saam te werk. Japie van der Linde van die DA het die burgemeesterstoel inneem.
Enkele dae voor die inwoners van Beaufort-Wes op 21 Februarie weer in wyk 2 moes stem na die DA een van hul raadslede, Kate Elexander, weens wanbetaling van ledegelde geskors het, het Constable sy gewig egter sy rug op die DA gekeer en hom by die ANC geskaar.
Noël Constable
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'