OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het Vryheidsdag verlede Vrydag met 'n sportdag op die oop stuk grond naby die Thusong-sentrum bekend as Polisiehoogte gevier.
"Die OCJF wil 'n bydrae lewer om jongmense te laat wegkom van dwelms en drankmisbruik," sê Phillip Seroux, projekbestuurder van die forum.
Hy het 'n beroep op die munisipaliteit gedoen om in die jeug te belê deur meer werk te skep deur middel van leerlingskappe en ander programme sodat die euwel uitgeroei kan word.
"Ons is polities vry, maar nog nie ekonomies nie."
Volgens Seroux kan aktiewe kinders en jongmense weggehou word van dwelms en drank.
Die span van die Kanaal het die sokkertoernooi gewen deur die span van Polisiehoogte in die eindstryd met 3-2 te klop.
Spanne van die Askamp en Ou Lokasie het ook deelgeneem
Seroux het namens die forum sy dank uitgespreek teenoor die borge van die dag.
Die jeugforum se volgende projek is 'n Gospelkompetisie met groot pryse. Die oudisies begin Sondag (6 Mei) om 18:00 in die Blomnek-gemeenskapsaal op De Rust.
Toegangsgeld is slegs R10 per persoon.
Die wenspan van die Kanaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'