OUDTSHOORN NUUS - Die Carmigos XStatic Freaks het Sondag 22 Junie 'n uiters suksesvolle Sunday Bread Run by die Piff in Bridgton aangebied.
Lede van die misdaadvoorkomings-eenheid en plaaslike wetstoepassing het toegesien dat enige onaangename insidente vermy word. Altesaam 250 brode is aan behoeftige inwoners in die gemeenskappe van Hopeville en GG-Kamp uitgedeel.
Geronimo Marthinus, beter bekend as 'Mr Local is lekke' op TikTok noem dat die geleentheid goed ondersteun is en sonder enige insidente plaasgevind het.
"Louis de Wet en familie het 70 brode geskenk waarvoor ons baie dankbaar is."
Volgens ao. Jacinda April was die hoofdoel om aan inwoners te wys daar is mense wat omgee en dat 'n kultuur van deernis steeds bestaan. Sy het ook die geleentheid gebruik om inwoners in te lig oor die gevare van drankmisbruik en 100 pamflette oor die onderwerp is uitgedeel.
Vir navrae kontak Geronimo Marthinus by 064 098 4740.
Altesaam 250 brode is uitgedeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’