CALITZDORP NUUS - Verskeie produsente uit die Klein-Karoo het met die nuwe wyne van 2026 aan die Klein-Karoo-streekjongwynskou deelgeneem.
Die reserwe kampioen produsente kelder, Calitzdorp-wynkelder het die toekennings vir kampioen natuurlike soet, reserwe kampioen merlot en die reserwe kampioen muskaat gewen tydens die streekjongwynskou.
Die jongwynskou word elke jaar gehou om jongwyne uit die wynbedryf teen mekaar op te weeg.
Daar is verskeie klasse waarin al die wyne kan deelneem. Hierdie wyne word meestal direk uit die tenke getrek as monsters.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’