CALITZDORP NUUS - Die jaarlikse Calitzdorp Winterfees vind vanjaar vanaf Vrydag 15 tot Sondag 17 Junie plaas.
Die spoorwegstasie en die dorp se gewilde wynkelders is weereens die plekke waar ‘n vol program aangebied word.
Die fees begin sommer vroeg op Vrydag 15 Junie met ‘n wynproe by De Krans wat die hele dag duur.
Daar is ook ‘n Boules-kompetisie, die gewilde ete van die gemeenskapskas en kerkorreluitvoerings op Vrydag.
‘n Verskeidenheid stalletjies sal vir die duur van die fees by die stasie wees.
Saterdag beloof ‘n propvol program met boules, veerpyltjies, etes, musiek, ‘n talentkompetisie, keldertoere, modeparade, straatpartytjie en selfs ‘n ete in misterie gehul.
Die “Feestrein” wat besoekers deur die dorp.
Besoekers by ‘n vorige fees kuier in die straat.
Die fees eindig op Sondag 17 Junie om 13:00.
Vir meer inligting kontak Calitzdorp toerisme by 044 213 3775 of per epos by tourism@calitzdorp.org.za of besoek die webtuiste: www.calitzdorp.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'