OUDTSHOORN NUUS - Die bouwerk van die langverwagte winkelsentrum in Bridgton langs die oop stuk grond by Bridgton-kliniek het Maandag in alle erns begin.
Volgens Rutger Boshoff, die ontwikkelaar van Somerset-Wes aan wie die tender onlangs toegeken is, sal fase 1 van die nuwe winkelsentrum sowat 2 000 vierkante meter beslaan teen 'n koste van R30 miljoen.
Boshoff sê dat die beoogde Shoprite-gebou, tesame met drie ander winkels plus drie kitsbanke teen Desember vanjaar voltooi behoort te wees.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'