OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die 7-jarige seuntjie, Gerano van Dysselsdorp, wat ernstige brandwonde aan die begin van die jaar opgedoen het na hy en sy ma, Josephine Jacobs deur sy pa, Gert Malgas, aan die brand gesteek is, behoort binnekort ontslaan te word.
Jacobs het op 3 Februarie aan haar beserings in 'n hospitaal in Kaapstad gesterf.
Die Oudtshoorn Courant het berig dat 'n familielid van Josephine en Gerano, Amanda Afrika, gesê het dat Gerano ongeveer 60% brandwonde aan sy lyf opgedoen het.
"Ek was Vrydag by hom gewees. Meeste van sy verbande is al af en hy sterk goed aan," het sy dié week vertel.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'