Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Lamppaal met spreiligte wat verlede nag deur sterk wind by die Rec omgewaai is, het vanoggend twee brande by die sportgronde veroorsaak.
Die lamppaal het 'n kragboks stukkend geval en reën wat vanoggend uitgesak het, het 'n kortsluiting veroorsaak.
Kragbokse wat beskadig is sowel as 'n kragtoevoerstelsel wat by die hoofpawiljoen is, het aan die brand geslaan.
Paramedici van ER 24 het die rook gesien en onmiddelik die brandweer ontbied.
Skade beloop waarskynlik etlike honderde duisende rande.
Kyk 'n video hieronder:
'n Lamppaal met spreiligte wat verlede nag deur sterk wind by die Rec omgewaai is, het vanoggend twee brande by die sportgronde veroorsaak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'