Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het bevestig dat inligting oor 'n derde sterfte na Saterdagoggend se botsing onjuis was.
Volgens Valencia Meyer, die tannie van Chandre Nortje (18) is Chandre in 'n kritieke toestand in die George-hospitaal se hoësorgeenheid.
Hy het veelvuldige beserings opgedoen toe die VW Golf waarin hy 'n passasier was, Saterdagoggend teen 'n betonversperring gebots het.
Meyer het onderneem om inligting oor Chandre se toestand deur te gee om seker te maak dat gerugte nie ontstaan nie.
Lees 'n vorige artikel: Oorledenes se identiteit bekend
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'