Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Twee motors was sowat 'n uur gelede in 'n botsing in die middedorp betrokke.
'n Volkswagen Golf-bakkie en 'n Opel het mekaar by die kruising van St John- en Baron van Reedestraat getref.
Die Opel was met St Johnstraat onderweg toe dit die bakkie wat met Baron van Reedestraat onderweg was, getref het.
Die insittendes in die Opel het pas vanaf Namibië na Oudtshoorn verhuis.
Niemand is in die botsing beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'