OUDTSHOORN NUUS - Twee voertuie was kort voor 12:00 vanoggend in ‘n botsing by die T-aansluiting van Jones- en Jacobsonstraat betrokke.
Beide voertuie, ‘n VW Polo en Nissan Juke, het vier insittendes ingehad.
Een persoon is op die toneel deur nooddienspersoneel behandel.
Volgens voorlopige inligting van omstanders op die toneel, het die Nissan vanuit Jonesstraat regs in Jacobsonstraat gedraai toe dit met die Polo gebots het.
Die een ooggetuie beweer die Nissan het baie wyd gedraai en in die aankomende verkeer se baan beland.
Die polisie het verklarings op die botsingstoneel geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'