OUDTSHOORN NUUS - Ebrahim Malgas, Breyton Bruiners en Simphiwe Ndlani en Lorenzo Dominic Malgas, die vier mans wat vir die moord op Justin Booysen verlede naweek in hegtenis geneem is, het vanoggend vir 'n borgtogaansoek in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die hof was, soos die vorige kere, vol gepak en daar was groot polisie teenwoordigheid by die hof.
Vaughn Shone wat Lorenzo en Bruiners verteenwoordig, het aangedui dat sy kliënte nie om borgtog sal aansoek doen nie. Hy het ook gevra dat hy as hulle regsverteenwoordiger verskoon sal word. Anzell Loubsher wat vir Malgas en Ndlani verteenwoordig het ook vanoggend onttrek. Dié twee verdagtes het aangedui dat hulle weer hul eie regsverteenwoordiger wil aanstel. Die landdros het die saak tot 29 November vir 'n borgtogaansoek van Malgas en Ndlani uitgestel.
Booysen is verlede naweek in sy huis in Rosebank doodgeskiet. Hy is 'n pa van twee minderjarige kinders.
Sy ma, Cathrine Saptou, het vanoggend aan die Oudtshoorn Courant gesê dat Booysen Saterdag begrawe word.
Die begrafnis is 10:00 by hul huis in Tulipstraat waarna die diens by die Navadasaal sal plaasvind.
Lees vorige artikels:
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'