OUDTSHOORN NUUS - Borgtog van R500 is verlede Donderdag in die Oudtshoorn-landdroshof toegestaan aan 'n vrou van Dysselsdorp wat van moord op haar seun aangekla word.
Die 49-jarige Susan Lewies word daarvan aangekla dat sy haar 17-jarige seun, Dillon Lingerveld, met 'n mes gesteek het toe hulle na bewering oor kos gestry het.
Die voorval het volgens die klagstaat op Saterdag 22 Junie in die vrou se woning in Dysselsweg, Dysselsdorp, plaasgevind.
Die staat het nie die toestaan van borgtog teengestaan nie en landdros Johan Steynberg het Lewies op borgtog van R500 vrygelaat op voorwaarde dat sy nie op enige wyse kontak maak met die drie staatsgetuies nie. Sy moet weer op 1 Augustus by die hof wees.
Lees 'n vorige artikel: Ma steek seun met mes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'