DYSSELSDORP NUUS - 'n 49-jarige vrou van Dysselsdorp het gister in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op 'n klag van moord na sy na bewering die afgelope naweek haar seun met 'n mes doodgesteek het.
Volgens kapt. Joey Strydom, bevelvoerder van die Dysselsdorp-polisiestasie, is Dulan Lingerveld een keer met 'n mes gesteek.
Strydom sê daar het 'n bakleiery tussen die ma en die seun ontstaan.
"Die bakleiery het glo oor kos gegaan. Die ma het 'n mes in die hande gekry en die kind gesteek." Sy is op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Die vrou het Maandag haar eerste verskyning gehad, maar die saak is na gister (Donderdag 27 Junie) vir 'n regsverteen-woordiger en 'n borgtogaansoek-datum uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'