OUDTSHOORN NUUS - Borgtog is in die Oudtshoorn-landdroshof geweier aan ‘n man van Oudthoorn wat voertuie buite ‘n kerk met klippe gegooi en beskadig het en tereg staan op vier aanklagte van opsetlike saakbeskadiging.
Die 25- jarige Marlin Hufke het glo die aand van 2 Desember verlede drie voertuie buite die St. Simons Anglikaanse Kerk met klippe beskadig en dieselfde aand ook ‘n hek en ‘n huis se venster in sestiendelaan Bridgton, stukkend gegooi.
Hy het as rede vir sy borgaansoek gesê hy wil gaan werk en skuldig sal pleit op al die aanklagte. Volgens hom was hy nie “by sy volle verstand” toe hy die misdrywe gepleeg het nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn , Klein Karoo nuus'