CALITZDORP NUUS - Lente en goud-bekroonde wyne is die afgelope naweek behoorlik by Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp gevier.
Carel Nel, keldermeester, en sy gesin was Saterdag en Sondag gasheer vir besoekers van sover as Kaapstad, wat gedeel het in musiek, bekroonde wyne, Portugese disse en interessante mengeldrankies.
Gaste is in 'n onthaalarea op die kelder se stoep bederf.
Boplaas is Vrydagaand 25 Augustus by die SA Jongwynskou as die land portkampioen be-kroon. Hierdie prestasie is ook gevier tydens die naweek se Lentefees.
Carel Nel, Boplaas se keldermeester en sy vrou Jeanne by die trofee as SA Portkampioen. Hierdie prestasie is die afgelope naweek saam met hul Lentefees gevier.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'