OUDTSHOORN NUUS - Boplaas familie wingerde se Cape Vintage Reserve is pas by die 2017 South African Wine Index-kompetisie (SAWi) aangewys as die beste portwyn in Suid-Afrika.
Hierdie toekenning volg op drie platinum-toekennings wat die kelder onlangs losgeslaan het vir sy Cape Vintage Reserve, Cape Tawny en Cape Tawny Vintage Reserve, asook 'n goue medalje vir die Boplaas Cape Vintage. Hierdie en talle ander toekennings vestig Boplaas stewig as 'n voorloper op die gebied van portwyne gemaak van tradisionele Portugese kultivars.
'n Indeks is 'n abstrakte, wiskundige konstruksie wat toegepas word om die verrig-ting van iets te meet.
Die South African Wine Index is so 'n konstruksie wat die beoordeling van wyn ten doel het om sodoende Suid-Afrika se heel beste wyne te identifiseer.
Dit laat die kollig val op wyne wat voortdurend as uitsonderlik beskou en erken word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'