OUDTSHOORN NUUS - Die Trees of Hope-projek van die Ek is Oudtshoorn-inisiatief, gaan van krag tot krag.
Volgens Jaco Vorster, wat die projek begin het, is daar sedert die vorige geleentheid waar bome langs die museum en op verskeie ander plekke geplant is, reeds meer as 300 bykomende bome geplant.
"Wat so wonderlik is, is dat mense nie net bome koop en skenk nie, maar dat mense nou selfs hulle eie boompies kweek en beskikbaar stel om geplant te word," sê hy.
Hy noem byvoorbeeld dat die apteker, Theron Mentz, 100 witstinkhoutbome gekweek het, wat onlangs buite Oudtshoorn geplant is. "Hy het hom verbind om nog 'n duisend te kweek," sê Vorster.
Hy het Maandag by Karootuin-kwekery terugvoering oor die boomplantprojek gedoen toe hy tien bome ontvang het wat gesamentlik deur die Oudtshoorn Courant en Karootuin geskenk is.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'