OUDTSHOORN NUUS - Verskeie motoriste wat wederegtelik op laaisones parkeer, het vanoggend slegte nuus op hulle motors se windskerms ontdek.
Wetstoepassers het vanoggend op oortreders toegeslaan wat op laaisones parkeer en boetes uitgereik.
Twee wetstoepassers het binne tien minute vier boetes uitgereik in slegs een blok tussen Kerk- en St. Johnstraat. Volgens 'n sakeman by een van die ondernemings, gebeur dit daagliks dat mense op laaisones parkeer en dan kan voorraad nie afgelaai word nie.
Hy sê 'n verdere probleem is werknemers van besighede wat hulle voertuie die hele dag buite ondernemings parkeer.
"Dit is tyd dat mense wat langer as 'n uur op 'n plek staan ook beboet word, want werkers wat heeldag parkeer verhoed dat ons kliënte parkeerplek kry," het hy gesê.
Twee wetstoepassers het binne tien minute vier boetes uitgereik in slegs een blok tussen Kerk- en St. Johnstraat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'