Sponsored Content
SAKENUUS - Toe Full House Furniture in November 2024 sy deure in Oudtshoorn oopgemaak het, het ons geweet hierdie dorp gaan vir ons spesiaal wees.
Vandag, danksy die wonderlike ondersteuning van die Oudtshoorn-gemeenskap, is ons nie net trots om weer genomineer te wees in die Best of Oudtshoorn Readers’ Choice Awards nie; ons is ook dankbaar dat ons verlede jaar as Beste Meubelwinkel van Oudtshoorn aangewys is.
Daardie toekenning het vir ons baie beteken, omdat dit van julle af gekom het - ons klante, bure en gemeenskap wat ons daagliks ondersteun.
Dit het bevestig dat Full House meer as net ’n winkel in Oudtshoorn geword het. Ons het deel van die gemeenskap geword, en daarvoor is ons opreg dankbaar.
Full House Oudtshoorn.
Full House is reeds 28 jaar lank deel van Wes-Kaapse huishoudings.
Ons is steeds ’n familiebesigheid wat gegroei het tot 21 winkels regoor die Wes-Kaap, met ons nuutste winkel wat onlangs in Piketberg geopen het. Tog bly ons fokus dieselfde: om families te help om hul huise gemaklik, prakties en stylvol in te rig teen pryse wat bekostigbaar is.
Van meubels en beddens tot toestelle en elektronika bied ons oplossings vir die huis, met kredietopsies wat dit maklik maak om te koop wanneer dit die nodigste is.
Ons verstaan dat mense soms vinnig noodsaaklike items vir hul huise benodig, en daarom probeer ons finansiering eenvoudig en toeganklik hou.
Ons glo steeds in ons bekende slagspreuk: ‘Alles bakgat virrie huis’.
Melane Andrews van Cuddles and Care, Le Roi van Niekerk (Full House-bemarkingsbestuurder) en Amelia van der Westhuizen (Full House-bestuurder).
Dit beteken goeie waarde, uitstekende diens en produkte wat werklik ’n verskil in mense se lewens maak.
Ons lojaliteitsprogram is nog ’n manier waarop ons klante beloon vir hul onder-steuning.
Klante ontvang 2% terug op elke aankoop, plus nog 2% wanneer hul kredietooreenkoms volledig binne die kontraktydperk afbetaal word.
Verwys jy ’n nuwe klant na Full House, ontvang jy ook 5% van hul eerste aankoop terug in punte. Hierdie punte kan gebruik word vir toekomstige aankope of om jou uitstaande rekening te verminder.
Promosiemateriaal vir Full House se lojaliteitsprogram.
Ons Oudtshoorn-span, onder leiding van Talita, leef elke dag die Full House-familiewaardes uit.
Hulle verstaan die gemeenskap, gee om vir klante en gaan uit hul pad om mense te help. Dit is daardie persoonlike diens en warm verwelkoming wat ons klante telkens laat terugkeer.
Ons is ook baie trots op die impak wat ons in ons gemeenskappe maak.
Ons voedingsprojek het onlangs ’n belangrike mylpaal bereik met meer as 1,5 miljoen etes wat aan vroeëkinderontwikkelingskole en dagsorgsentrums rondom ons winkels versprei is.
Ons ‘Room Makeover’-projek groei steeds. Ons het reeds 13 leefruimtes en huise vir families help omskep.
Ons mees onlangse makeover is deur ’n gesin in Wolseley gewen, terwyl ons twaalfde projek ’n gemeenskapsinisiatief in Robertson was waar ons ’n kleuterskool opgegradeer en ’n ouetehuis met nuwe kombuistoerusting ondersteun het.
Al groei Full House steeds verder, bly ons fokus dieselfde.
Lance van Eeden (Full House streeksbestuurder) en Talita Tredoux (Full House Oudtshoorn-bestuurder).
Ons wil ’n plaaslike meubelwinkel wees waarop families kan staatmaak - ’n winkel waar mense welkom voel, waar krediet maklik en toeganklik is, en waar gemeenskappe altyd eerste kom.
Ons nooi elke inwoner van Oudtshoorn om by ons winkel in te loer en die Full House-familiegevoel self te ervaar.
As jy glo in wat Full House vir Oudtshoorn beteken, vra ons weer jul stemme in die 2026 Best of Oudtshoorn Readers’ Choice Awards.
Dankie dat julle saam met ons hierdie pad stap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’