OUDSTHOORN NUUS - Die bou van die nuwe biblioteek in Rosevalley vorder goed.
Dit volgens 'n verklaring wat die week deur Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit uitgereik is. Volgens hom maak die kontrakteur, Ruwacon Edms. Bpk. van plaaslike arbeid gebruik.
Die Wes-Kaapse biblioteekdienste het die nuwe biblioteek, Rosevalley-biblioteek gefinansier en die projek het in Junie 2021 begin.
Daar word beoog om die projek teen Februarie 2022 gefinaliseer te hê.
Volgens Mangqwengqwe, het die provinsiale biblioteekdienste in die 2018/2019 finansiële boekjaar ook R2 miljoen aan die munisipaliteit beskikbaar gestel en weer R6,5 miljoen in die 2019/2020 boekjaar. Asla het ook 'n bydrae van R501 000 gemaak wat in drie paaiemente oorbetaal sal word.
"Die biblioteek sal 'n eenstop inligtings- en rekreasiehub vir die gemeenskap wees, waar gratis internetdienste ook aan die gemeenskap beskikbaar gestel sal word," lui die verklaring.
Die nuwe biblioteek wat tans in Rosevalley gebou word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'