Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vier mans wat in verband met die transito-rooftog by die Bridgton-vulstasie in hegtenis geneem is, se borgtogaansoek het vandag in die Oudtshoorn-landdroshof begin.
Simphiwe Matwa, Masixole Dolombo en Lwandiso Lento is op 19 Julie, kort na die roof, aan George se kant van die Outeniqua-pad in hegtenis geneem.
Sakhele Nkabi, ‘n kaptein verbonde aan die Oudtshoorn Infanterieskool is op 23 Julie in hegtenis geneem. Nkabi, Dolomba en Matwa word deur adv. Zukile Mqulo verteenwoordig terwyl Bulelani Bans vir Lento verteenwoordig. MP Heyns tree vir die staat op.
LEES HIER: Weermaglid ook vas na transitoroof
Al vier verdagtes staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, besit van vuurwapens, besit van ammunisie en besit van ‘n ongemagtigde vuurwapen.
Volgens Heyns het hy die laaste klag vandag gevoeg omdat een van die vuurwapens se reeksnommers afgevyl was.
Die regsverteenwoordigers van die vier applikante het vandag hul verklarings aan die hof gelees het.
Volgens Mqulo woon Matwa in George. Hy het drie kinders en geen vaste werk nie. Hy besit wel ‘n huis in die Oos-Kaap wat hy tans uitverhuur. Hy is ook ‘n deeltydse taxibestuurder.
Simphiwe Matwa
Volgens die verklaring hou Matwa geen gevaar vir die gemeenskap in nie en sal sy lewe ook nie in gevaar wees sou hy op borgtog vrygelaat word nie. Volgens hom is hy die enigste broodwinner en gaan hy nie vir sy afhanklikes kan sorg as hy aangehou word nie. Hy het nie ‘n paspoort nie en sal ook nie vlug nie. Hy het aangedui dat hy R2 000 borgtog sal kan betaal en al die verrigtinge by woon. Matwa besit ook ‘n Nissan en Audi.
Mqulo het gesê Dolombo woon ook in George en sorg vir sy ma en gestremde kind. Hy is ‘n werktuigkundige en het geen vorige veroordelings nie. Volgens Mqulo is Dolombo ook nie ‘n vlugrisiko nie. Hy was wel op aanklag van diefstal in hegtenis geneem, maar dié saak is teruggetrek.
Nkabi woon, volgens die verklaring wat deur Mqulo voorgelees is, ook in George, maar is al vir die afgelope 16 jaar ‘n soldaat by die Oudtshoorn Infanterieskool. Hy verdien R21 000 per maand na aftrekkings en kan R2 000 borgtog betaal. Hy het ook aangedui dat hy onskuldig gaan pleit.
Volgens die verklaring besit hy nie eiendom nie, maar is hy wel besig om ‘n huis te bou. Hy het ook nie ‘n paspoort nie en ook geen vorige veroordelings nie. Hy besit wel ‘n Chev Cruz.
Sakhele Nkabi
Banes het ook Lento se verklaring voorgelees. Volgens hom besit Matwa eiendom en is hy ook woonagtig in George. Hy besit twee taverns en onderhou ook sy werklose vrou en drie kinders. Sy suster het ‘n mediese kondisie en hy help haar elke maand om die mediese kostes te dek. Hy is ook ‘n kleinboer en besit vee in George.
Volgens Bans is Lento nie ‘n vlugrisiko nie en het hy reeds sy paspoort ingehandig by die polisie. Hy het geen vorige veroordelings of hangende sake nie en sal hy al die hofverrigtinge bywoon.
Die saak het vir middagete verdaag en sal weer 14:00 voort gaan.
Lwandiso Lento
Vorige artikels:
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'