OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die bestuurder van 'n rooi Volkswagen het die hasepad gekies nadat hy vroeër vanmiddag in die stegie agter Checkers met 'n stilstaande voertuig gebots het.
Volgens 'n getuie op die toneel, het die bestuurder van die Volkswagen uit Hoogstraat in die stegie ingedraai toe hy met die geparkeerde voertuig gebots het.
"Die bestuurder het stilgehou en bietjie agteruit gery en toe weer voorentoe gery. Hy het toe weer in die wit voertuig vasgery. Een van die personeellede van 'n winkel het na die bestuurder gekom en gesê hy moet hardloop," het die getuie gesê.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was 'n vrou wat haarself as die bestuurder van die Volkwagen se vrou voorgestel het op die toneel.
Die eienaar van die geparkeerde voertuig was in Checkers en het eers toe sy uitkom die ongeluk gesien.
Na die toneel opgeruim is en verklarings geneem is, het die bestuurder van die Volkswagen glo teruggekeer.
Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, het die man wat die ongeluk gesien gebeur het die bestuurder vasgetrek en die polisie gebel.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Volgens 'n getuie op die toneel, het die bestuurder van die Volkswagen uit Hoogstraat in die stegie ingedraai toe hy met die geparkeerde voertuig gebots het.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'