Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Bejaarde man word vir skok deur paramedici behandel nadat hy met sy Toyota in drie geparkeerde voertuie vasgery het.
Die botsing het omstreeks 09:00 vanoggend in St Johnstraat plaasgevind.
Dit blyk dat die voorwiel van die Toyota gebars het waarna die motor na links geswenk het en die drie geparkeerde voertuie getref het.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Op die ongelukstoneel in St Johnstraat.
Die bejaarde man het in 3 motors vasgery. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'