OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van 'n silwerkleurige Opel het 'n noue ontkoming gehad toe sy motor vanmiddag omstreeks 15:30 in Meiringspoort gerol het.
Die ongeluk het gebeur toe 'n agterwiel van die motor vermoedelik losgekom het.
Volgens 'n werknemer van die maatskappy wat die stilhouplekke in die poort beman en die poort skoonhou, het die bestuurder van die Opel 'n paar honderd meter van die ongeluk af tot by die ablusiegeriewe gestap om hulp te vra.
"Hy het net 'n rukkie voor dit nog by ons stilgehou en gesels, toe kom hy aangestap om te sê hy was in 'n ongeluk. Gelukkig was hy alleen in die kar en hy het nie seergekry nie," het die werknemer op die toneel gesê terwyl hy aankomende verkeer met 'n rooi vlag gewaarsku het totdat die polisie by die toneel aangekom het.
Volgens hom het een van maatskappy se voertuie die bestuurder De Rust toe geneem om n insleepdiens te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'