OUDTSHOORN NUUS - Die span van Herotel Oudtshoorn het op Donderdag 18 Julie hulle 67 minute vir Mandeladag toegewy aan die Ithemba Huis vir Haweloses.
Inwoners van die huis is bederf met 'n heerlike, warm ete en die span het ook hand bygesit om die terrein op te ruim en netjies te maak.
Volgens Jan Ayford, voorsitter van Ithemba Huis, beteken hierdie soort betrokkenheid baie vir die inwoners en die voortbestaan van die sentrum. "Ons is geweldig dankbaar vir almal se aandeel en bydrae tot die huis.
Die weermag help ook tans met aanbouings wat dit vir ons moontlik sal maak om meer mense te akkommodeer."
Ruan Engelbrecht, areabestuurder van Herotel, het gesê dit is vir die maatskappy belangrik om aktief betrokke te wees in die gemeenskap. "Gemeenskapsbetrok-kenheid is nie net 'n plig nie, maar 'n voorreg. Ons glo daarin om terug te gee aan die gemeenskappe waarin ons leef en werk."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’