OUDTSHOORN NUUS - Raadslid Sonia Bentley van Good is vanoggend by die Schoemanspoort Kultuursentrum as die nuwe speaker van die Oudtshoorn munisipale raad verkies. Die twee nominasies vir die posisie was Bentley en Raymond Wildschut van die DA.
Bentley het die stemproses met 14 stemme teenoor 11 gewen.
Met die aanvang van die raadsvergadering is ’n mosie van wantroue teen die speaker, Colan Sylvester, teruggetrek nadat Sylvester aangedui het dat hy formeel bedank.
Bentley het in haar aanvaardingstoespraak gesê dat sy onderneem om met die ondersteuning van al die raadslede, Oudtshoorn vorentoe te vat.
Sy het ook beklemtoon dat sy te alle tye volgens die boek sal handel in die uitvoer van haar pligte en om totaal en al onpartydig op te tree.
Die leier van die opposisieparty, Chris McPherson van die DA, het Bentley gelukgewens met haar nuwe posisie en gesê dat hy haar by haar belofte gaan hou om te alle tye onpartydig op te tree.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'