Update
OUDTSHOORN NUUS - Een van Oudtshoorn se drie streeklanddroste, Mark van Wyngaardt, is Woensdagmiddag oorlede.
Alhoewel Van Wyngaardt sedert Februarie met sy gesondheid gesukkel het, was hy steeds op sy pos agter die regbank.
Hy het Woensdag 'n besige dag in die hof gehad en is die middag by sy huis in Oudtshoorn oorlede.
Volgens 'n vriendin Colleen Smith, het hy aan 'n hartaanval beswyk.
Met ter perse gaan Donderdagoggend, kon geen ander inligting bekom word nie.
Landdros van Wyngaardt was in sy vroeë sestigs.
Lees 'n vorige berig: Landdros sterf skielik
ARTIKEL & FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'