OUDTSHOORN NUUS - Landdros Mark van Wyngaardt (63) is gistermiddag by sy huis aan 'n hartaanval oorlede.
Colleen Smith, 'n vriendin van Van Wyngaardt, het gisteraand gesê dat Van Wyngaardt 'n baie spesiale mens was.
"Hy was my beste vriend.
"Hy het 'n ongelooflike mooi persoonlikheid gehad en het altyd vir almal omgegee."
Geen verdere inligting is op die stadium bekend nie.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'