OUDTSHOORN NUUS -Bek-en-klouseer het nou ook in Oudtshoorn kop uitgesteek met een geval wat aangemeld is.
Oudtshoorn-burgemeester Mziwoxolo Tyatya het in die raadsvergadering gesê dat daar met die relevante owerhede saamgewerk word om die uitbreking volgens riglyne aan te spreek.
Daar is vroeër in die raad gesê dat twee gevalle aangemeld is, maar dit is later verander na een.
Raadslid Johan Fourie het kommer uitgespreek oor die aantal plaasdiere van kleinboere wat vry in die Groter Oudtshoorn-omgewing rondloop en die gevaar van bek-en-klouseer verhoog.
Hy wou weet wat die munisipaliteit doen om beweging van hierdie diere te beperk. In reaksie het die burgemeester gesê die munisipaliteit is in gesprek met kleinboere om aandag aan die probleem te gee.
Klik hier om die nuwe berg te lees: Single Foot-and-Mouth Disease case reported in Oudtshoorn area
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’