TUINROETE NUUS - Bedags leef hy sy liefde vir diere uit as 'n hokbestuurder by die plaaslike DBV. Maar buite sy werkure leef hy sy passie vir kuns uit deur die allermooiste houtskoolsketse op te tower.
Buiten kuns as hoërskoolvak, het Elrico Elbrecht van Borcherds geen formele kunsopleiding gehad nie, en dit wat hy wél weet het hy homself geleer.
Hy noem dat dit hom sowat 'n dag en 'n half neem om 'n A3-grootte skets van begin tot einde te voltooi.
Volgens Elbrecht het sy kunsloopbaan in 2009 begin toe hy sy skoolloopbaan by Hoërskool George begin het. 'n Vriend en plaaslike kunstenaar, Juandré Ekstraal, wat toevallig ook in die verlede by die DBV gewerk het, het ook vir hom wenke gegee om hom aan die gang te kry.
Lees meer in susterspublikasie, George Herald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'