OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n man van Oudtshoorn wat tereg staan op drie aanklagte van strafbare manslag is in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot 2023 uitgestel.
Die 24-jarige Xavier Arends was die bestuurder van die motor wat op 13 Julie 2020 op die De-Rust-pad, die pad verlaat en gerol het.
Drie jong mans, Chandre Nortje, Jacques Prinsloo en Bertram Michaels, het aan hul beserings beswyk, terwyl Arends self ook ernstige beserings opgedoen het.
Volgens die staatsaanklaer, Willem Vister, sal die staat moontlik 10 getuies roep om in die saak te getuig.
Streeklanddros Ntsoki Moni het Arends om verskoning gevra vir die onvermydelike uitstel van die saak tot 13 April 2023.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'