OUDTSHOORN NUUS - CJ Langenhoven (Cornelis Jacob) was 'n regsgeleerde, koerantredakteur en Afrikaanse Skrywer, digter en dramaturg, wat in Oudtshoorn saam met sy gesin gewoon het. Sy bekendste skrywe was sekerlik dié van Die Stem van Suid-Afrika wat hy in 1918 geskryf het.
Waar in Oudtshoorn het CJ Langenhoven gewoon?
Die woning van CJ Langenhoven, beter bekend as Arbeidsgenot of die Neelsie, was eers Woodbine genoem.
Dit is in 1898 gebou en in 1903 aan Magdalene Maria Langenhoven (Vroutjie), die vrou van CJ Langenhoven verkoop.
Die naam van die straat waarin Arbeidsgenot geleë is, was eers Westelike Weg genoem, maar heet nou Jan van Riebeeckweg.
Die erf waarop Arbeidsgenot gebou is, was eers deel van erf 1. (destyds was daa slegs 500 erwe uitgesit vir bewoning).
Arbeidsgenot is as Nasionale Gedenkwaardigheid bestempel en op 21 April 1955 is Arbeidsgenot amptelik as museum oopgestel.
Dit was vroutjie se wens dat Arbeidsgenot vir die nageslag bewaar moes word en het sy dit aan 'n raad van trustees vir die bedrag van £1500 vir die woning en £300 vir die huishoudelike goedere verkoop.
Die twee houthekke wat in Jan van Riebeeckweg geleë is, is self deur CJ Langenhoven met die woorde Arbeids op die een en genot op die ander uitgebeitel. Dis omdat Vroutjie na die tuin omgesien (Arbeids) het en hy die water gelei het (genot).
Arbeidsgenot is vandag nog een van die min wonings van 'n Afrikaanse letterkundige figuur wat pragtig bewaar gebly het.
Die stoep van die gebou.
Die huis van die Langenhovens soos dit vandag lyk.
Die stoep kyk uit oor 'n pragtige tuin.
Die oorspronklike houthekke met die woorde 'Arbeids' op die een en 'genot' op die ander - self deur CJ Langenhoven uitgebeitel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'