OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn APD (Association for Persons with Disabilities) het op Loslitdag (6 Sep-tember) 'n optog deur die dorp gehou as bewusmaking vir persone met gestremdhede.
APD is 'n nie-winsgewende organisasie wat dienste lewer aan kinders en volwassenes met gestremdhede.
Loslitdag is een van die grootste fondsinsamelingsprojekte vir mense met gestremdhede en is die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede se vlagskip-bewusmakings- en fondsinsamelingsprojek. Loslitdag is 'n wyd gevierde nasionale veldtog wat jaarliks in Suid-Afrika plaasvind.
Die Loslitdag-fondsinsamelingsprojek het ook vanjaar hul eie 30 jaar mylpaal en hul tema was 'Ek sien jou'.
Lede van die publiek, onder andere die munisipaliteit en Kindersorg, het aan die optog deelgeneem. Die brigade het gesorg vir musiek tydens die optog.
Daar word ook elke jaar wisseltrofeë oorhandig aan die beste verkoper wat die organisasie ondersteun het met Loslitdag plakkers. Die mees interessante uitrusting het ook 'n prys gewen. Die organisasie bedank almal in Oudtshoorn wat hierby betrokke was en hul op gereelde basis ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’