OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) het op Donderdag 20 Maart 'n spog galageleentheid in die banketsaal van Oudtshoorn-burgersentrum aangebied. Vier-en-veertig sertifikate van waardering is aan die lede wat in die werkswinkels in Dysselsdorp en Oudtshoorn werk, oorhandig.
Dit was 'n eerste vir die vereniging wat danksy die borgskap van departement van sport en kultuur gehou kon word.
APD is 'n nie-winsgewende organisasie wat, volgens die voorsitter van die bestuurskomitee, Sheraldine Mslane, in 1971 in die lewe geroep is om gespesialiseerde dienste aan persone met gestremdhede te bied.
Volgens Leanne Jaftha, 'n bestuurslid, het die vereniging 'n aantal jare gelede die O-so Eggy-projek begin wat baie suksesvol is.
"Ons het met ses persone begin wat klein stukkies van volstruiseierdoppe gebruik vir die maak van onder andere, sleutelhouers en oorkrabbetjies en het uitgebrei tot die huidige 44, waarvan 22 in Dysselsdorp en 22 in Oudtshoorn werksaam is danksy die befondsing van die departement sport en kultuur sedert 2023.
"Die produkte verkoop baie goed," sê Jaftha.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’