Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Verskeie inwoners het op 1 September Loslitdag saam met APD (Association for People with Disabilities) gevier.
Loslitdag is die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD) se vlagskip-bewusmakings- en fondsinsamelingsprojek.
FOTOGALERY: Loslitdag bring kleur en vreugde
Die publiek het 'n bydrae van R20 vir 'n Loslitdag-plakker gegee en hulle het hul individuele interpretasie van die jaarlikse tema, wat dié jaar Share a Smile was, deur hul uitrustings uitgebeeld.
Die jaar het APD ook ‘n wisseltrofee vir die meeste plakkerverkope asook vir “best dress” oorhandig.
Volgens Lisa Cooper van APD Oudtshoorn-tak, was die jaar vetpret en was dit regtig moeilik om almal te beoordeel.
PNA het die wisseltrofee vir "best dressed" gewen en die Polisie-akademie het die wisseltrofee vir die instansie met die mooiste perseel gewen.
CapeKaroo International Emporium het die wisseltrofee vir topverkoper gewen.
Volgens Cooper het skole net so baie moeite gedoen om die dag te ondersteun en het Sacred Heart Primêr en Colridge View Primêr muntleggings ten bate van APD gedoen.
"Die personeel het hul blikkies in die dorp geskud en die beskermde werkswinkel het by Eljada Nasorg gaan kuier vir die oggend. Ons wil regtig almal bedank wat hieraan deelgeneem het en ook vir die entoesiasme waarmee julle die dag aangepak het. Julle ondersteuning maak als die moeite werd."
Die personeel het blikkies geskud.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’