Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Gerugte wat tans die rondte doen dat ANC-raadslid Maggie Titus, vrou van Stafsersant Preston Titus, gisteraand in hegtenis geneem is, is onwaar.
Die Oudtshoorn Courant het vanoggend betroubaar verneem dat daar wel twee persone in hegtenis geneem is, maar dat Maggie op hierdie stadium slegs vir ondervraging by die polisie is.
Titus se liggaam is Saterdag in die vroeë oggendure deur sy vrou in hul woning op die Weermagbasis gevind.
Hy het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad.
Lees 'n vorige artikel: Geen arrestasie na moord
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'