OUDTSHOORN NUUS - Sondag 6 April is die laaste dag van hierdie jaar se KKNK.
Inwoners kry die geleentheid om hul opinie oor die KKNK te lug en deel te wees van die paneelbespreking.
Die fees van kunste in die Klein Karoo word vir jou gehou en nooi Kabous Meiring en Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke uitvoerende direkteur, KKNK, jou uit vir 'n drankie en om te gesels oor jou ervaring van die fees.
Kom vertel watter ietse jou opgewonde gemaak het of dalk wil jy jou sê, sê oor iets wat gepla het.
Sondag 6 April, 12:00 in die KykNET-leefarea, toegang gratis.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’