OUDTSHOORN NUUS - 'n Kort kragonderbreking Sondagmiddag het die aanvang van die afsluitingskonsert van die tiende Klein Karoo Klassique 'n rukkie vertraag. Die wag was egter die moeite werd en die konsert met die twee soprane, Cecilia Rangwanasha en Hlengiwe Mkhwanazi saam met die pianis Sulayman Human, was een om lank te onthou.
Al drie musikante is vorige wenners van klassieke sang- en klassieke musiek-kompetisies van die ATKV. Nadat vinnige reëlings getref is, kon die konsert na 'n vertraging van slegs tien minute begin. Die program is goed afgewissel met solosang, duets en klaviersolo's.
Die vertoning is opgedra aan Mimi Coertze asook die Kaapstadse bariton en waarnemende hoof van die Universiteit Kaapstad se operaskool , George Stevens, wat Saterdagoggend skielik oorlede is.
Die konsert is afgesluit met die amusante katlied, Cat's Duet van Rossini en daarna 'n toegif: "He's got the whole world in His hands."
Mkhwanazi het namens die drie van hulle, haar dank uitgespreek teenoor die ATKV wat die konsert moontlik gemaak het. "Dit is waarvoor ons leef," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'