Oudtshoorn se winterfees van klassieke musiek, kos, kuns en wyn word van Donderdag, 13 tot Sondag, 16 Augustus vir die sewende keer aangebied.
“Hierdie pakkette moedig diegene wat net oor die naweek die fees kan bywoon, aan om ook by ons aan te sluit. Die nuwe pakkette dra by tot ons doelwit om Klein Karoo Klassique bekostigbaar vir feesgangers te hou,” sê Snyman.
Klassique Pakket 14 - 16 Aug. sluit kaartjies in na die sewe uitvoerings van Vrydagaand tot Sondagmiddag en kos R450, met ’n besparing van R280.
Klassique Pakket 15 - 16 Aug. is ideaal vir diegene wat die ses uitvoerings van Saterdagoggend tot Sondagmiddag wil bywoon. Die pakket kos R385, met ’n besparing van R235.

