OUDTSHOORN NUUS - AfriForum-Oudtshoorn is op soek na vrywilligers. Volgens Donovan Kleinhans wil hulle graag ’n groep met vrywilligers stig om hand by te sit met toekomstige projekte om die dorp op te ruim.
“Daar is reeds vrywilligers wat ons help om sekere parkies te bestuur. Vir elke parkie waar ’n vrywilliger inskakel kan ons help om daardie parkie op te knap. Daar sal ook ander projekte wees vir verfwerk, snoeiwerk en algemene opknapping en so meer.”
Vir April benodig hulle vrywilligers wat spesifiek wil help met teerwerk en herstel van slaggate.
“Word deel van die oplossing - net inwoners binne ’n gemeenskapsmodel kan hulle omgewing mooi en volhoubaar maak! As u deel wil wees van die oplossing, stuur ’n boodskap en ons kontak u. Indien u graag in ’n spesifieke area betrokke wil raak, laat weet gerus.”
AfriForum het reeds groot verandering gebring met die opruiming van die CP Nel-museum se terrein, asook by die Le Roux-dorpshuis in Hoogstraat.
Vir meer inligting kontak Kleinhans by 083 375 8818.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’