OUDTSHOORN NUUS - Vrywilligers van AfriForum het die week ingespring en die perseel van die CP Nel-museum opgeruim en netjies gemaak.
Die aksie spruit uit klagtes vanuit die gemeenskap oor die toestand van die terrein.
Die werk is oor 'n paar dae verrig en het ingesluit opruiming van vullis teen die heining langs die Queen's Hotel, skoffel en bespuiting van onkruid, opruim en snoei van die tuin en bome, rehabilitasie en versorging van die grasperk en drukspuit en skoonmaak van die binnehof en stoepe, veral van duiwemis.
AfriForum het aangebied om na voltooiing van die werk die grasperk te versorg totdat die personeel van die museum self weer in staat is om die taak oor te neem.
Volgens Herman Labuschagne, voorsitter van die raad, het AfriForum hulle oor die tuin gekontak en aangebied om skoon te maak terwyl die museum gesluit bly.
"Ons is geweldig dankbaar hiervoor. Ek dink dit is 'n fantastiese voorbeeld wat in ons dorp gestel word."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’