OUDTSHOORN NUUS - Ses adviseurs van Sanlam Complectus Welvaart in Oudtshoorn is tydens 'n gala-aand in George beloon vir uitnemende werk.
Jacques Strydom, die prinsipaal en senior finansiële adviseur, is vir die tweede jaar in die eerste posisie uit 82 adviseurs in die Suid-Kaap en is vir die derde keer agtereenvolgend die streek se PPM kampioen.
Hy is ook aangewys as die SFA Risikokampioen en ontvang 'n Klub 100 toekenning.
Ander lede van die span wat toekennings ontvang het is:
- Danfred Claassen, beste groeier in eenheid;
- Coen Basson, sewende International Quality Award vir uitnemende diens;
- Christo van Zyl, algehele tweede plek onder nuwelinge in die Suid-Kaap;
- Francios van Wyk, sesde IQA-toekenning; en
- Ansa de Jager, tweede plek in streek as korttermynbemarker.
Die Complectus Blousterspan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'