OUDTSHOORN NUUS - Ses adviseurs van Sanlam Complectus Welvaart in Oudtshoorn is tydens 'n gala-aand in George beloon vir uitnemende werk.
Jacques Strydom, die prinsipaal en senior finansiële adviseur is vir die tweede jaar in die eerste posisie uit 82 adviseurs in die Suid-Kaap en is vir die derde keer agtereenvolgend die streek se PPM kampioen.
Hy word ook aangewys as die SFA Risikokampioen en ontvang 'n Klub 100 toekenning.
Ander lede van die span wat toekennings ontvang het was: Danfred Claassen beste groeier in eenheid.
CoenBasson (Sewende International Quality Award vir uitnemende diens), Christo van Zyl (behaal algehele tweede plek onder nuwelinge in Suid-Kaap), Francios van Wyk (Verwerf sesde IQA toekenning), Ansa de Jager (tweede plek in streek as korttermynbemarker).
Die Complectus Blousterspan is, van links: Danfred Claassen (finansiële adviseur), Coen Basson (senior finansiële adviseur), Christa Erasmus (persoonlike assistent), Christo van Zyl (finansiële adviseur), Jacques Strydom (prinsipaal en senior finansiële adviseur), Petro Davel (persoonlike assistent), Francois van Wyk (senior finansiële adviseur) en Ansa de Jager (korttermyn adviseur) Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'